Rayno home page1.jpg
 

Rayno

 

Meer oor Rayno Claassens

 

Nadat ek afgestudeer het by die AGS teologiese kollege gedurende 2006, het ek tot die bediening toegetree.

My hele lewe verander gedurende 2006 toe ek die liefde van my lewe ontmoet, Monya, en ons trou in 2007.  Ons het saam met ons span regoor Suid-Afrika gereis gedurende 2006 tot 2011, en in verskillende kerke bedien met sang en Woord en het dan ook die geleentheid gekry om my eerste cd bekend te stel ‘Lead me Lord’.

Ons word geseën met ons eerste dogtertjie Amoray se geboorte in 2009 en maak ook gebruik van ‘n geleentheid om my tweede cd vry te stel ‘It is not over till it’s over’

Ons enigste seun, Marno, maak sy opwagting in 2011 en ons besluit om die rondreis gedeelte van die bediening te staak. My gesin is vir my baie belangrik en ons besluit om liewer betrokke te raak by ‘n gemeente in ‘n voltydse bediening by Wesrand Herlewing sentrum.

Die Here roep ons om kampe te begin vir manne en vroue en in 2014  open Kamp Kanaan sy deure en ons lewens en dié van die kampers sal net nooit weer dieselfde wees nie

Yana, ons tweede dogtertjie word gebore in 2015, en ons is nou ‘n volkome gesin.

Dit is 2017 en manne en vroue stroom nogsteeds kampe toe waar die Skepper vir my, Monya ons gesin  en spangebruik as Sy instrumente om hierdie mense te lei na die Beloofde land. My derde cd ‘ Man na God se hart’ word ook nou vrygestel.

My hart behoort volkome aan die Here, ek is lief vir die Heilige Gees, lief vir mense en ek het ‘n passie vir Sondaars en ek wys graag vir mense Jesus se hart deur bediening en sang. Kyk uit vir my, ek reis regoor Suid Afrika om te bedien met sang en Woord, en wanneer ons nie rondreis nie, kamp ons

 

 
 
 
Rayno Kamp kanaan1.jpg

kamp kanaan

Kamp Kanaan Manne en Vrouekampe is ‘n organisasie sonder winsoogmerk met die doel om mense te evangeliseer met die Goeie boodskap van verlossing, geregtigheid en ‘n hoopvolle toekoms wat in Christus Jesus gevind word. Hierdie doel word nagestreef deur die aanbieding van gereelde naweekkampe, ontbyte, seminare, konferensies en ander aktiwiteite gebaseer op die WOORD van GOD.Die organisasie funksioneer onafhanklik van enige kerkdenominasie en streef na die bevordering van interkerklike samewerking en eenheid.Kamp Kanaan Manne en Vrouekampe sien uit daarna om jou en jou familie en vriende op die kampe te verwelkom.

Alle navrae kan gedoen word by die kantoor by 084 305 8896

Koste: R150 pp
 
Kampe is onderhewig aan
Verandering. 

Plek Besprekings: 
Janine - 060 785 1951